Helena Hugo Omnibus

ebook

By Helena Hugo

cover image of Helena Hugo Omnibus

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

Drie van Helena Hugo se gewildste boeke, Dit gebeur met ander, Die pad na weer begin en Die kleur van verlange, is nou in 'n lekkerlees omnibus beskikbaar. Die verhale volg op mekaar en is uitstekende waarde vir geld.Dit gebeur met anderIn Helena Hugo se heel eerste inspirerende roman vertel sy die verhaal van hoe vergifnis moontlik raak wanneer mense deur een mens se lyding na mekaar toe aangetrek word. Grant en Nadia beland in 'n taxi-oorlog op pad terug van 'n fliek en sy beland in die waakeenheid waar haar lewe aan 'n draadjie hang. Sal Grant haar enduit bystaan? En sal die ramp wat hul gesin getref het Nadia se ouers weer nader aan mekaar bring?Die pad na weer beginDie pad na weer begin volg op Dit gebeur met ander en delf dieper in die lewe van Nadia en haar naasbestaandes na die ongeluk. Dit wil voorkom of hierdie tragedie almal nader aan mekaar gebring het deur die gees van vergifnis, maar Grant se ma bewaar 'n geheim wat dreig om die hele familie uit mekaar te skeur. Die vraag is nou: Hoe gaan sy ooit regmaak wat sy twintig jaar gelede verbrou het?Die kleur van verlangeDie kleur van verlange is die laaste aflewering in die trilogie en begin met Grant se aankoms op sy vervreemde pa se plaas, Weerbegin. Dinge lyk aanvanklik rooskleurig,maar Grant se verhouding met sy pa wil nie vlot nie en boonop sukkel hy om in kontak te bly met Nadia. Soos met die vorige twee boeke sal Helena Hugo se skryfstyl die leser so boei dat hulle nie die boek sal kan neersit as hul eers beginhet nie.

Helena Hugo Omnibus